Tuis

help-witbank

Help Witbank

Afleggings het in Februarie 2016 by Highveld Steel en Vanchem Vanadium Products in Witbank begin. Tesame is 2187 mense direk deur die afleggings by die twee instansies geraak.

Solidariteit en Helpende Hand gryp hierdie week daadwerklik in met ’n noodplan om die 300 Solidariteitlede wat hul werk verloor het in een van Suid-Afrika se grootste afleggings-tragedies by te staan. Die noodplan sal tydens ’n Solidariteit ledevergadering  op 19 Februarie bekendgemaak word waar die vakbond lede gaan ondersteun met CV opdaterings en Helpende Hand die lede met kospakkies gaan voorsien ter verligting van hul nood.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, moes baie van die afgelegdes reeds sonder hul laaste maand se salaris gaan en het hulle geen skeidingspakkette ontvang nie.

“Hierdie tragedie het verreikende effekte op die gemeenskap in Witbank, wat ʼn groter humanitêre tragedie as die 2014 AMCU-stakings in Rustenburg is,” sê dr Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Soos in 2014 doen ons weer aansoek op die breër gemeenskap om hierdie mense by te staan.”

Hoe kan jy help!

1. SMS “Witbank” na 38969 en skenk R10 tot die afleggingskrisis
2. Maak ʼn finansiële skenking aan die Witbank afleggingsnoodfonds.
3. Skenk nie-bederfbare voedsel by een van die volgende punte:
Witbank: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11, Witbank
Centurion: Helpende Hand Hoofkantoor – H/v DF Malan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

Bank: ABSA
Bankrek.:4072250017
Takkode: 632005
Verwysing: WITBANK

kaart